MEER OOR KEN JOU STORIE

ken jou storie bied die geleentheid vir opkomende skrywers wat nog nooit ‘n boek publiseer het nie, om hulle boeke in te skryf!

Wie weet, jy kan die volgende bekende kinderboek skrywer word.

Jou inskrywing hoef nie van illustrasies vergesel te word nie.

Maak seker jy hou die webblad dop vir die artikels en radiogesprekke vir wenke wat jy kan gebruik vir die skryf van jou kinderboek.

Die kompetisie sluit op die 28ste September 2018, wenners word op 2 November 2018 aangekondig.

Die drie wenboeke in elke kategorie, sal met die hulp van Fontein Uitgewery, uitgelê, illustreer en publiseer word.

Die wenners moet beskikbaar wees vir ‘n boekbekendstelling ook aangebied deur Fontein Uitgewery.  Datums hiervoor sal later bekend gemaak word.